Photo GalleriesSport

Parys-vroue maak gereed vir nasionale rolbaltoernooi

Vier vroue pelers van die Parys-rolbalklub is ingesluit in die Noordwes Senior rolbalspan wat in Maart volgende jaar aan die nasionale toernooi gaan deelneem. Die vier is Marie Uys, Emmie Pelzer, Toets van der Westhuizen en Lazuya Serfontein. Die span se eerste oefening is op 17 en 18 September by die Strathvaal klub. Die Noordwes Meesterstoernooi vind hierdie naweek plaas met die eindstryde Sondag by Potchefstroom-rolbalklub.

Vier vroue pelers van die Parys-rolbalklub is ingesluit in die Noordwes Senior rolbalspan wat in Maart volgende jaar aan die nasionale toernooi gaan deelneem.
Die vier is Marie Uys, Emmie Pelzer, Toets van der Westhuizen en Lazuya Serfontein. Die span se eerste oefening is op 17 en 18 September by die Strathvaal klub.
Die Noordwes Meesterstoernooi vind hierdie naweek plaas met die eindstryde Sondag by Potchefstroom-rolbalklub.
Emmie Pelzer speel in afdeling 1 van die senior vroue en Lazuya Serfontein en Toets van der Westhuizen in afdeling 2. Raymond Loubser speel in afdeling 1 van die mans ope afdeling en Strydom Chambers in afdeling 2 van die junior afdeling.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button