Ezilda Fouché met die nuwe Afrikaanse Vraag- en Antwoordboek (graad 10-12) wat aan haar opgedra is.
‘n Besondere eer het mev. Ezilda Fouché, Afrikaanse onderwyseres van Hoërskool Parys, te beurt geval toe Lapa-uitgewers haar vanjaar as Vyfster Afrikaans-onderwyser vereer het deur die nuwe Afrikaanse Vraag- en Antwoordboek (graad 10-12) aan haar op te dra in erkenning vir haar bydrae tot die Afrikaanse taal.
Ezilda Fouché met die nuwe Afrikaanse Vraag- en Antwoordboek (graad 10-12) wat aan haar opgedra is.
Ezilda publiseer vanaf die negentigerjare in die Klasgids, ‘n tydskrif vir Afrikaanse onderwysers.
Sy dien ook op die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamenpaneel vir Afrikaans Huistaal, en is die interne Moderator vir Afrikaans Huistaal vraestel 1 in die Vrystaat.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.