Local newsNews

Voëlsang en voëlroepe: Wat is die verskil?

Saterdag, 25 November is daar 'n uitstappie na Waterfall Estate, sowat 8 kilometer buite Parys op die Fochville-pad.

Kom kuier saam met Feathers-voëlklublede Donderdag, 23 November om 18:30 by die Sally Martin Park saal wanneer Colin Hamilton kom gesels oor die interessante tema,”Bird Calls and Bird Songs – What’s the difference”.

Tydens die klub se Oktober-uitstappie is daar gekuier op Daskop Game Farm buite Parys, en hoewel daar nie so baie voëls gesien is nie (37), was dit ‘n ervaring om dié mooi plek te besoek.

Nadat dit gereën het sal dit beslis die moeite werd wees om weer in die nuwe jaar ‘n draai op Baskop te maak.

Voëlklublede was gelukkig om onder meer ‘n jong Breekoparend / Martial Eagle en ‘n kuiken van die Gevlekte ooruil / Spotted Eagle Owl te sien.

Die klub het op 11 November ‘n besoek gebring aan ‘n dam tussen Parys en Vredefort waar 59 voëlspesies aangeteken is.
Saterdag, 25 November is daar ‘n uitstappie na Waterfall Estate, sowat 8 kilometer buite Parys op die Fochville-pad.

Dit is die laaste uitstappie vir 2023, en nadat daar voëls gekyk is, sal daar ‘n vleisie op die kole gesit word.

Finale reëlings sal vanaand, Donderdagaand 23 November, by die klubbyeenkoms deurgegee word.

Indien jy nie vanaand se byeenkoms kan bywoon nie, kan jy die volgende nommers skakel vir meer inligting:
Hansie Bekker (056) 811 4754 / 082 820 4306) of Peter Killian by 083 625 8100.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button