Man op aanklagte van Bestialiteit in hegtenis geneem
'n Verdagte wat na bewering sy vier honde verkrag het is op aanklagte van bestialiteit gearresteer.

‘n 48-jarige man is 16 November in Stilfontein gearresteer op aanklagte van bestialiteit. Hy het na bewering sy vier honde verkrag. Die man het reeds voor die hof verskyn.
Volgens Kolonel Adele Myburgh is die insident op 10 November by die polisiestasie in Stilfontein deur ‘n Stilfonteinse Diere-hawe (Matlosana Animal Shelter) gerapporteer.
Hy is vasgetrek nadat ‘n vriend van die verdagte na die shelter gekom het met videos waar die verdagte seks met honde het. Die klag is toe deur die shelter by die polisie gelê, en is die man na ‘n lokval by die dierehawe in hegtenis geneem.
Suzette Kotze, mede-eienaar van Matlosana Animal Shelter, het bevestig dat vier hondjies gekonfiskeer is en tans by die diere-hawe aansterk. “
Indien jy skenkings wil maak om die hondjies te ondersteun op hul herstelpad, kontak Suzette Kotze by 072 814 5927.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/news/2023/11/21/man-op-aanklagte-van-bestialiteit-in-hegtenis-geneem/





