Local newsNews

Motorfietsryer sterf op Parys/Potch-pad

Wat veronderstel was om ‘n dag se ontspanning te wees, het Saterdag 18 November in ‘n tragedie ontaard toe ‘n man van Carletonville in ‘n motorfietsongeluk net buite Parys gesterf het. 

Volgens ‘n vriend en mede-biker, mnr. Johan Janse van Vuuren, het  Armand Murphy omstreeks 11:00 saam met hom en ander vriende gery toe die ongeluk net buite Parys op die Potchefstroom-pad plaasgevind het.

Janse van Vuuren, wat agter Muphy gery het, sê Murphy het om ‘n draai sowat sewe kilometer buite Parys gegly. Hy is op die toneel oorlede.

“Hy was ‘n baie groot familiemens, ‘n ware hartsmens gewees,” vertel Jansen van Vuuren oor sy vriend.

“Hy was ‘n baie goeie vriend vir baie, ‘n hero vir sy twee seuns gewees en ‘n fantastiese man gewees vir sy vrou,” het ‘n kennis op WhatsApp gesê ná die nuus van sy dood versprei het.

  • Ons opregte medelye met sy familie en vriende.

Related Articles

Back to top button