Local newsNews

Motorfietsryer sterf op Parys/Potch-pad

Wat veronderstel was om ‘n dag se ontspanning te wees, het Saterdag 18 November in ‘n tragedie ontaard toe ‘n man van Carletonville in ‘n motorfietsongeluk net buite Parys gesterf het. 

Volgens ‘n vriend en mede-biker, mnr. Johan Janse van Vuuren, het  Armand Murphy omstreeks 11:00 saam met hom en ander vriende gery toe die ongeluk net buite Parys op die Potchefstroom-pad plaasgevind het.

Janse van Vuuren, wat agter Muphy gery het, sê Murphy het om ‘n draai sowat sewe kilometer buite Parys gegly. Hy is op die toneel oorlede.

“Hy was ‘n baie groot familiemens, ‘n ware hartsmens gewees,” vertel Jansen van Vuuren oor sy vriend.

“Hy was ‘n baie goeie vriend vir baie, ‘n hero vir sy twee seuns gewees en ‘n fantastiese man gewees vir sy vrou,” het ‘n kennis op WhatsApp gesê ná die nuus van sy dood versprei het.

  • Ons opregte medelye met sy familie en vriende.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button