Die sleepwa wat losgekom het van 'n ander voertuig en die voertuig van ds. Barry getref het.
Dat hulle leef is net ‘n wonderwerk.
Dr. Barry van Wyk, leraar van die NG Wes-gemeente, sy vrou, Ina, ma Joey, en skoonma Dinkels, het Vrydag 17 November, ter nouer nood aan die dood ontkom, toe ‘n sleepwa van ‘n ander voertuig losgekom en hul voertuig getref het, 2km van die Delmas-afrit op die N4.
Die sleepwa wat losgekom het van ‘n ander voertuig en die voertuig van ds. Barry getref het.
Ds. Barry-hulle was onderweg na Pretoria die oggend na ‘n 5 dae vakansie in Dullstroom. Sy motor is in die ongeluk afgeskryf, maar die genade was groot vir die predikantspaar en hul moeders met net ds. Barry se ma wat kneusings in die botsing opgedoen het.
“Ons is so dankbaar dat hulle so lig daarvan afgekom het. Dankie Here,” het dankbare gemeentelede gesê.
Ds Barry se motor is afgeskryf in die ongeluk. Foto’s: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.