NewsNews

Dossier en klagstaat steeds nie oorhandig

Die 11 beskuldigdes wat tereg staan op klagte van moord ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa, sal nou weer op 15 Augustus voor die hof moet verskyn. Dit volg ná 'n vlugtige verskyning na ure se wag vanoggend, Vrydag 14 Julie, waartydens die staat nog eens nie die dossier en klagstaat aan die verdediging kon oorhandig nie. Landdros R. Mnguni van Kroonstad het dit egter nou 'n bevel van die hof gemaak dat die dossier en klagstaat wel op die 16de Augustus aan die beskuldigdes se regsverteenwoordigers oorhandig moet word. Hy het verder gelas dat die koste en betalingsbesonderhede vir die dossier en klagstate nie later nie as 10 Augustus aan die verdediging verskaf moet word.

Die 11 beskuldigdes wat tereg staan op klagte van moord ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa, sal nou weer op 15 Augustus voor die hof moet verskyn. Dit volg ná ‘n vlugtige verskyning na ure se wag vanoggend, Vrydag 14 Julie, waartydens die staat nog eens nie die dossier en klagstaat aan die verdediging kon oorhandig nie. Landdros R. Mnguni van Kroonstad het dit egter nou ‘n bevel van die hof gemaak dat die dossier en klagstaat wel op die 16de Augustus aan die beskuldigdes se regsverteenwoordigers oorhandig moet word. Hy het verder gelas dat die koste en betalingsbesonderhede vir die dossier en klagstaat nie later nie as 10 Augustus aan die verdediging verskaf moet word. Die ondersoek is reeds afgehandel

Vandag was die eerste keer dat die media weer die hofverrigtinge kon bywoon nadat Riaan Swart wat voorheen minderjarig was, nou ook 18 geword het. Beide Riaan en Cor is graad 12 leerlinge en moet eersdaag begin met hul rekord- en eindeksamens.

Van die beskuldigdes se regsverteenwoordigers het hul beswaar op rekord geplaas vir die staat se voete sleep om die dossier en klagstaat te voorsien en gesê dat die saak reeds by twee vorige geleenthede al uitgestel is om die dokumente te bekom.

Al die beskuldigdes, Anton Loggenberg (49), sy seun Cor (18), Boeta van der Weshuizen (46), sy seun Loedie Jr (18), Miela Jansen van Vuuren (22), kapt. Henk Prinsloo (46), Fanie Oosthuizen (42), Wian van der Westhuizen (20), Muller van der Westhuizen (19) en Wikus van der Westhuizen (19) se borgtog is verleng, terwyl Riaan Swart steeds in die sorg van sy moeder is.

Dit is steeds  nie duidelik of die saak hier in Parys voor die rondgaande Hoë Hof gehoor sal word, en of die saak moontik na Kroonstad of Welkom geskuif gaan word nie .
Jubeda en Tjixa se dood het gevolg ná meer as 40 boere op 6 Januarie vanjaar gereageer het toe die 73-jarige Loedie van der Westhuizen, pa van Boeta en oupa van Loedie Jr, die noodknoppie gedruk het ná ’n  aanval op hom op sy plaas.
Die boere het in die lig van waarskuwings van ’n  moontlike plaasaanval in die spesifieke omgewing wat al in Desember verlede jaar bekend geword het, dadelik gereageer, en is die oorledenes deur van die boere op een van die buurplase gearresteer.
Die oorledenes is toe glo sodanig beseer dat hul kort na die arrestasie aan hul beserings in die hospitaal beswyk het.
Die familie van die oorledenes en EFF lede het na die voorval beweer dat die oorledenes glo agterstallige lone by Loedie van der Westhuizen wou gaan haal het wat glo deur Boeta aan hulle verskuldig was. Bewerings in sommige dagblaaie dat dit glo nie ’n plaasaanval was nie, is met groot ontsteltenis deur die boeregemeenskap van Parys ontvang. (Foto Alet van der Walt, Volksblad).

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button