Local newsNewsSport

Gholfspelers se harte oop vir VVA

Die baan was vol, maar die hoogtepunt van die dag was ongetwyfeld die veiling waar al die fondse wat ingesamel is, ten bate van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) was.

Vrystaat Versorging in Aksie het ‘n groot geldelike hupstoot gekry. Dit danksy die oop harte van gholfspelers in en om Parys tydens ‘n gholfdag op 3 November by die Parys Golf & Country Estate. Die baan was vol, maar die hoogtepunt van die dag was ongetwyfeld die veiling waar al die fondse wat ingesamel is, ten bate van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) was.

Andre Wesseloo, voorsitter van VVA het die veiling gelei, en is heelwat fondse ge-in.

Elke speler, of jy gewen het of nie, het ‘n bottel eg tradisionele gemmerbier ontvang. Dankie aan die borge en donateurs vir die pryse, sowel as die items wat opgeveil is. Groot dank ook aan elke speler wat van naby en ver gekom het om die dag mee te maak.

Eerste was Manie Smit en Ronnie Moseley. Tweede was Ian Kennon en Louis Lange, met Jaco Koekemoer en Lene Koekemoer derde.

André Wesseloo saam met van die wenners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button