Local newsNews

Lang vlug eindig in tragedie

Ongelukkig is daar nog nie genoeg navorsing oor die uitwerking van weerstoestande weens klimaatsverandering op migrerende voëls nie.

Sommige Parysenaars het met die skielike snerpende koue wat laat in Oktober na diebloedige hitte gevoel is, groot getalle dooie swaeltjies in hul tuine opgemerk.

Dit was egter nie net hier waar dit gesien is nie. Mense oor die land, van Gauteng, tot in Noordwes, in Eswatini tot by Sodwanabaai was verstom oor die vrektes van veral swaels na die buitengewone weerstoestande met swaar reën, sterk wind, hael en selfs sneeu wat geval het kort na die
erge hitte.

Vir migrerende voëls soos die Europese swaels en die Europese byvreters was die wisselende klimaatstoestande ‘n tragedie, en is BirdLife SA oorval met oproepe van bekommerde voëlliefhebbers.

BirdLife SA vermoed dat die skielike koue en verhongering met insekte wat skaars was in die tyd, hiervoor verantwoordelik kon wees.

Na duisende kilometers uit Europa om aan die begin van die somer in SuidAfrika aan te kom, was dit net té veel ontbering, meen Jessica Wilmot, bestuurder van die eenheid vir migrerende voëls by BirdLife SA. Ongelukkig is daar nog nie genoeg navorsing oor die uitwerking van
weerstoestande weens klimaatsverandering op migrerende voëls nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button