Local newsNews
John Deere-trots vir Senwes Parys
Die spog toekenning vir Senwes Parys is in Pretoria aan die werkswinkelbestuurder, Martin Fourie, oorhandig.
Senwes Parys se John Deere werkswinkel is Vrydagaand, 10 November met ‘n skitterende tweede plek beloon by vanjaar se John Deere toekennings, waar die beste werkswinkels vir 2023 in middel-oos Afrika aangewys is. Die eerste plek is deur Afgri Harrismith gewen, met Afgri Bethlehem derde.
Die spog toekenning vir Senwes Parys is in Pretoria aan die werkswinkelbestuurder, Martin Fourie, oorhandig. Dit was die eerste keer in vier jaar dat Senwes onder die top drie was. Werkswinkels word volgens streng kriteria beoordeel om in aanmerking te kom vir die toekenning. Daar word onder meer gekyk na kwalifikasies, bestuur, bemarking, fasiliteite, gereedskap, opleiding en kliënte tevredenheid.
You can read the full story on our App. Download it here.