News

Teaterbederf met gewilde en uitstaande Kunstefees-toneel

Heerlike naweekvermaak waar jy 'n slag kan terugsit en ontspan wanneer die teatergordyn ooptrek vir die drama en aksie. Die ideale geleentheid vir 'n lekker jaareindfunksie of saamkuier van vriende. 

Parysenaars het die naweek die geleentheid om twee uitstaande en baie gewilde toneelstukke uit die pen van skrywer Theo Kleynhans, hier by die Top Hat Supper Theatre in Breëstraat te sien. Saterdag, 18 November om 11:00 sal die drama van 3 laaities en ‘n Losbol jou lagspiere prikkel met Petro van den Heever se uitstaande solovertoning waarin sy vier verskillende karakters vertolk.

Die kwartetsketse skop af met Skoonseun waar ‘n ma agterkom dat mens net ‘n goeie skoonseun nodig het. In Koshuismoeder is Tannie Trudie die koshuismoeder met ‘n sagte plek vir sensitiewe seuns. In Talent kom Karin agter haar seun is eintlik begaafd, en laastens vertel Elsie in Sjuut die storie van haar doofstom seun. Kaartjies kos R350 per persoon wat ‘n heerlike lasagne en tuinslaai by die vertoning insluit. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar.

Maak ook seker jy mis nie Drie tannies en ‘n tert, Sondag, 19 November om 11:00. In dié drama deur Theo Kleynhans, lewer Petro van den Heever ook vier karaktersketse wat saam ‘n kwartet vorm.

Eers vertolk sy die rol van ‘n ongetroude troubeplanner in Bruilof op Brakpan, en beeld dan die voorstedelike frustrasie van ‘n middelklasskemerkelkie gasvrou uit. Daarna vertolk sy die rol van die Verimark-bemarker met ‘n geheim, en uiteindelik – die patos gevulde Vanilla Choc Blues waar rugby Meraai se lewe verander.

Kom en geniet die vertoning teen R350 per persoon wat ‘n ete met souttert en griekse slaai insluit. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar.

Beide die immergewilde toneelstukke het vroeër uitverkoop by Aardklop, KKNK en die Volksblad kunstefeeste.

Kom ontmoet die kunstenaar en skrywer na die vertonings. Vermaak vooraf deur Nagelique.

Heerlike naweekvermaak waar jy ‘n slag kan terugsit en ontspan wanneer die teatergordyn ooptrek vir die drama en aksie. Die ideale geleentheid vir ‘n lekker jaareindfunksie of saamkuier van vriende.

R500 van elke tafel wat vir die vertonings verkoop word, is ten bate van die Emunah Foundation. Skakel 072 837 5434 vir kaartjies en navrae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button