Local newsNews

Regsmening nou gesoek oor dilemma met voorheen geskorste direkteur

Die tegniese departement is die hartklop van dienslewering in die munisipaliteit en dit is noodsaaklik dat stabiliteit met bekwame leierskap daarin gehandhaaf moet word.

‘n Regsmening oor die onopgeloste dilemma met die status van die voorheen geskorsde direkteur van tegniese dienste, mnr T Malunga, is nou deur die Ngwathe uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, aangevra. Dit nadat daar onder meer vrae was oor of sy aanstelling in die pos uit die staanspoor wettig was weens ‘n moontlike gebrek aan kwalifikasies wat deur wetgewing vasgestel en vereis word vir senior bestuursposte, en waaroor hy klaarblyklik moontlik nie beskik het nie.

Die saak word tans verder ondersoek en word verwag dat ‘n finale besluit oor sy toekoms by Ngwathe binnekort geneem sal word, het VF Plus rdl. Philip van der Merwe gesĂȘ.

Mnr. Malunga was vroeĂ«r tydelik geskors hangende die uitslag van ‘n ondersoek teen hom wat verband gehou het met pligsversuim, en versuim om wettige opdragte uit te voer. Die tydelike skorsing met betaling sou geld totdat daar uitslag was van die tugverhoor.
‘n Onafhanklike ondersoeker wat die geldigheid van die klagtes teen mnr. Malunga moes ondersoek, het op 13 Junie al in sy terugvoerverslag tydens ‘n spesiale raadsitting, aangedui dat daar gronde is vir vervolging. Daar is toe gesĂȘ dat die tugverhoor binne drie maande teen 13 September afgehandel moes wees.

Die raad is egter later tydens ‘n spesiale raadsvergadering bloot ingelig dat die getuienisleier en aanklaer wat deur die waarnemende munisipale bestuurder aangestel is vir die tugverhoor, reeds op 22 Augustus sy regsmening in ‘n verklaring gegee het waarin hy gesĂȘ het dat hy nie sy mandaat kon uitvoer nie. Die rede was ‘n gebrek aan samewerking van getuies. Geen antwoorde is tydens die spesiale raadsvergaderng gegee oor waarom dissiplinĂȘre optrede nie gevolg is teen die getuies nie, en ook nie waarom die raad nie vroeĂ«r van die verslag ingelig is nie.

Intussen het aansoeke vir verskeie vakante senior bestuursposte in die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit op 26 Oktober gesluit. Daaronder tel diĂ© van munisipale bestuurder, direkteure van die korporatiewe en gemeenskapsdienste departemente, asook diĂ© van hoof finansiĂ«le beampte. Applikante word tans oorweeg vir samestelling van ‘n kortlys vir die voer van onderhoude met verdienstelike kandidate.

Die raad het verlede week tydens sy sitting ook die voortslepende probleme om sy vakante senior poste te vul, bespreek. Tydelike maatreĂ«ls om die krisis te bestuur sluit in die verlenging van die termyn van die gesekondeerde waarnemende munisipale bestuurder, mnr Tebogo Manele, wat deur die Vrystaat provinsie goedgekeur is totdat ‘n aanstelling in die pos gedoen kan word.

Daarbenewens het die Fezile Dabi Distriksmunisipaliteit ook nou ingestem om een van sy senior amptenare, mnr Tlali Motshoika, na Ngwathe te sekondeer as waarnemende direkteur van korporatiewe dienste totdat ook dié vakante pos gevul kan word.

“Nog Provinsie nog die Distriksmunisipaliteit kon egter ‘n geskikte persoon in hul geledere vind om as waarnemende direkteur van gemeenskapsdienste na Ngwathe te sekondeer en is mnr S J Caleni, ‘n bestuurder in die departement, nieteenstaande protes deur opposisiepartye, aangestel om waar te neem” sĂȘ rdl. Van der Merwe.

Die opposisiepartye waaronder die DA en die VF Plus was van mening dat hy nie ‘n geskikte kandidaat vir die pos is nie en wou eerder verder soek na ‘n toepaslik gekwalifiseerde persoon, maar die aanstelling is na debattering met ‘n meerderheidstem deurgevoer.
Die tegniese departement is die hartklop van dienslewering in die munisipaliteit en dit is noodsaaklik dat stabiliteit met bekwame leierskap daarin gehandhaaf moet word.

Die dringendheid hiervan kan nie genoeg beklemtoon word met die drukgroep Save Ngwathe wat vir die soveelste keer verlede week gewys het op ernstige rioolbesoedeling by die Sandgat in Rotarylaan.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button