Wys so jou omgee vir sentrum-inwoners dié Kersfees
Gee net wat jy kan, dit wat jy kan bekostig - al is dit een item - elke item sal sorg vir 'n Kersfees om te onthou.
Kersfees is ‘n tyd van gee, en watter groter geskenk kan daar wees as om in hierdie feestyd ook van jou omgee vir die inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum te wys.
Die afgelope weke is hard gewerk om handgemaakte Kerssakkies vir die sentrum se 54 inwoners te maak. Hoeveel vreugde sal daar nie wees as die gemeenskap van Parys kan seker maak dat daar vir elkeen van die sentrum se 54 inwoners ‘n Kerssakkie vol klein bederfies is.
‘n Paar kouse, ‘n plastiek beker, koekies, koeldrank of ‘n bietjie lekkergoed. Dit is al wat nodig is om in hierdie Kerssakkies te sit.
Kerke, besighede, individue of instansies wat kan help om seker te maak daar is van hierdie items om die sakkies vol te maak, kan suster Annelise Labuschagne skakel by 083 435 4128.
Geen item – elke item sal sorg vir ‘n Kersfees om te onthou.

Suster Annelise Labuschagne met van die handgemaakte Kerspakkies.



