News

Skoolsaal se dak stort ineen

Onderwysdepartement al in Mei gewaarsku

Die Vrystaatse department van onderwys het al van Mei vanjaar geweet van die defekte in die struktuur van die skoolsaal van die Primêre skool Lumiére in Vaalpark, en die risiko’s wat dit inhou.

Was dit egter nie vir die beheerliggaam van die skool wat pro-aktief opgetree het toe die probleme gesien is nie, en as vookomende maatreël die klaskamers naaste aan die skoolsaal ontruim en ingange na die saal gesluit het nie, kon die ineenstorting van die skoolsaaldak ‘n tragedie gewees het.

Die skoolsaal se dak het Vrydagmiddag inmekaar gesak. Niemand is beseer nie.

Die skool se beheerliggaam het verlede week nog voordat die dak ineengestort het, weer skrywes aan die onderwysdepartement gerig.

  • Op Vrydag 1 Februarie 2019 het ’n loopbrug by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark ineengestort wat tot die dood van vier leerder gelei het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button