Konstruksiewerk aan Parys/Vredefortpad bykans voltooi
Baie goeie nuus vir Parysenaars is dat die R59 tussen Parys en Vredefort einde Julie weer heeltemal oopgestel sal wees vir verkeer. Die stop/rypunte sal na verwagting dalk reeds einde volgende week weggevat word, maar kleiner konstruksiewerk langs die pad sal nog tot einde Augustus gedoen word. Dit sal egter nie verkeersvloei affekteer nie. Vir motoriste is dit inderdaad blye nuus met ’n rit tussen Parys en Vredefort en weer terug wat jou die afgelope maande dikwels tot langer as ’n uur kon neem om die 20km heen en terug te voltooi.
Baie goeie nuus vir Parysenaars is dat die R59 tussen Parys en Vredefort einde Julie weer heeltemal oopgestel sal wees vir verkeer. Die stop/rypunte sal na verwagting dalk reeds einde volgende week weggevat word, maar kleiner konstruksiewerk langs die pad sal nog tot einde Augustus gedoen word. Dit sal egter nie verkeersvloei affekteer nie.
Vir motoriste is dit inderdaad blye nuus met ’n rit tussen Parys en Vredefort en weer terug wat jou die afgelope maande dikwels tot langer as ’n uur kon neem om die 20km heen en terug te voltooi.
Dit beteken dat die totale R59 padgedeelte tussen Parys en Vredefort asook die hoofstraat van Vredefort tot by die Caltex-vulstasie by die uitgang van die dorp dan opgeknap sal wees.
Konstruksiewerk aan die R59 Parys/Vredefortpad het in Junie 2015 begin en hoewel daar oponthoude was is daar goeie vordering die laaste paar maande gemaak, sê die kontrakteur, Sedtrade.
Van die spanne sal met voltooiing van die projek na projekte tussen Wepener en De Wetsdorp, en tussen Deneysville en die Jim Fouche vakansieoord skuif.
Daar sal ook reeds in Julie begin werk word aan die laaste 12km padstrook voor Kroonstad.