News

Klokke verraai diewe se teenwoordigheid

Boere in die Fochville-omgewing is die afgelope maand deur veediewe geteister

‘n Groot aantal beeste is Woensdagnag 8 November by ‘n boer van die Fochville-distrik gesteel, en verskeie skote op hom geskiet.

Adele Louw van die Carletonville Rekord berig dat mnr. Frans de Bruyn die aand kort voor middernag gehoor het dat daar fout is by sy beeskraal op sy plaas tussen Fochville en Westonaria.. Hy het juis vanweë die herhaalde voorvalle van veediefstal in die distrik, staalklokke om sy beeste se nekke gehang om hom te waarsku as daar fout is.

Toe hy gaan kyk het was fout is, het die veediewe op hom geskiet. Hy het egter kop gehou en agter sy bakkie geskuil. ‘n Oor-en-weer skietery het gevolg  waartydens hy  daarin kon slaag om  hulp op sy selfoon  te ontbied.

DIe SAPD, boere en GPF-lede het hulle na die plaas gehaas om te help. Die gesteelde beeste is almal gekry. Die veediewe wat gevlug het was met die skryf van die berig nog soek.

Daar was na die voorval groot lof vir die bystand wat so gou verleen is en vir die wyse hoe boere mekaar bystaan.

Related Articles

Back to top button