News

Oorskot uit afgebrande museum nie verlore nie

Verskeie kosbare kultuurskatte is tydens hierdie brand verlore, onder andere briewe van Siener van Rensburg en ‘n bronsbeeld van genl. De la Rey wat in die slag gebly het.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het die oorblywende erfenisskatte en die oorskot van die Ampie Bosman Kultuurhistoriese museum gaan verwyder en in bewaring geneem.

Charles Rademeyer van die FAK

Dit nadat ‘n verwoestende brand op 24 Oktober die kultuurhistories Ampie Bosman museum in  Lichtenburg  verwoes het en daar steeds geen antwoorde is oor wat die oorsaak van die brand was nie. Nog minder aksiestappe deur die munisipaliteit.

Daar is steeds geen veiligheidsmaatreëls in plek om verdere vandalisering en diefstal te voorkom nie het die FAK in ‘n verklaring gesê.

Verskeie kosbare kultuurskatte is tydens hierdie brand verlore, onder andere briewe van Siener van Rensburg en ‘n bronsbeeld van genl. De la Rey wat in die slag gebly het.

 

 

Related Articles

Back to top button