NewsNews

Laaste groet vir Casper

’n Man met ’n groot hart. ’n Terggees en iemand wat geleef het vir sy kinders en kleinkinders, maar ook hulle wat hulp nodig gehad het. Casper Marais, die man wat vir soveel jare sinoniem was met die werk wat die Christelike Afhanklikheids Diens (CAD) in die gemeenskap van Parys gedoen het, is op Maandag 11 Julie skielik aan ’n hartaanval oorlede.

’n  Man met ’n  groot hart. ’n Terggees en iemand wat geleef het vir sy kinders en kleinkinders, maar ook hulle wat hulp nodig gehad het.
Casper Marais, die man wat vir soveel jare sinoniem was met die werk wat die Christelike Afhanklikheids Diens (CAD) in die gemeenskap van Parys gedoen het, is op Maandag 11 Julie skielik aan ’n  hartaanval oorlede.
Hy is gister (Woensdag 13 Julie) begrawe. Die roudiens is deur ds. Ian Jonker vanuit die NG gemeente Parys-Oos gehou.
Casper word oorleef deur sy vrou Estelle wat verbonde is aan Vrystaat Versorging in Aksie, sy kinders Lizelle Grobler, Ruan Marais, Dewald Maree en Werner Maree, skoonseun en skoondogters, sy 4 kleinkinders, ’n broer en 2 susters.
Die Marais-egpaar is die afgelope 11 jaar in Parys gevestig waar Casper onder meer mede-eienaar van die tweedehandse motorhandelaar onderneming, J & C Motors was. Hy was sedert 2007 by die CAD betrokke en het talle mense wat geworstel het met afhanklikheidsprobleme, ondersteun.
Hy was ’n groot rugby en krieketondersteuner en iemand wat nooit die kans vir ’n  grappie sou verby laat gaan nie.
Estelle en die familie sê baie dankie aan elkeen wat haar met die skielike afsterwe en steeds op soveel wyses ondersteun. Elke gebaar van meelewing, simpatie en hulp is raakgesien en opreg waardeer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button