News

Uittreepreek van geliefde leraar

Hoewel ds. Barry geëmeriteer het, het hy 'n kontrakaanstelling by Parys-Wes aanvaar, en gaan hy vanaf 1 November vir die volgende jaar voortgaan met sy passie om die Woord in die gemeente te bedien.

Die 65-jarige ds Barry van Wyk, leraar van die NG gemeente Parys-Wes, het na ‘n dienstydperk van 20 jaar in die gemeente sy emeritaat aanvaar.
Ds. Barry wat oor die jare ‘n geliefde predikant in die gemeente en gemeenskap van Parys was, is op 15 November 2003 in die gemeente ontvang en bevestig.

Met sy destydse bevestiging in die amp op 24 April 1987 het sy ma, Joey, sy toga vir hom omgesit as simbool van sy ordening. Na 36 jaar in die bediening kon sy weer sy uittrede bevestig met die simboliek van die verwydering van die toga.

Ds. Barry van Wyk en sy ma, Joey, met die verwydering van die toga as simbool vir die bevestiging van sy uittrede na 36 jaar in die bediening. Foto: Verskaf

In sy uittreepreek met die tema, die Bedienaar van die Woord (2 Korinthiërs 5:18), het ds. Barry hulde gebring aan die verskillende gemeentes, sy vrou Ina, sy ma en die familie en leraars wat hom deur die loop van sy bediening bygestaan en geïnspireer het om die Woord te bedien.

Die Akte van Demissie is namens die Sinode tydens die erediens deurds Francois van Tonder van die NG Gemeente Parys-Oos aan ds Barry oorhandig.

Hoewel ds. Barry geëmeriteer het, het hy ‘n kontrakaanstelling by Parys-Wes aanvaar, en gaan hy vanaf 1 November vir die volgende jaar voortgaan met sy passie om die Woord in die gemeente te bedien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button