News

So weet jy of jou kragmeter moet herkodeer

Eskom, en alle elektrisiteitsverspreiders in Suid-Afrika wat munisipaliteite insluit, moet binne die volgende jaar voorafbetaalde elektrisiteitsmeters herkodeer.

 

Die sperdatum is 24 November 2024 wanneer die huidige TID-kode (Token Identifier) verval, en STS-meters (Standard Transfer Specification Compliant Meter) gevolglik nie meer elektrisiteitskoepon-kodes sal aanvaar nie. Dit raak meeste voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in die land. Eskom is reeds besig met die proses om sy 6,8 miljoen voorafbetaalde elektrisiteitsmeters van kliënte aan wie direk elektrisiteit voorsien word, te herkodeer.

In Suid-Afrika is meer as 10 miljoen voorafbetaalde elektrisiteitsmeters, waarvan meer as sowat 3 miljoen deur munisipale klante gebruik word.

Rdl. Philip van der Merwe het na aanleiding hiervan gewaarsku dat die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit dringend aandag moet gee aan die herkodering van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters van sy verbruikers.

 

Die opgradering behels bloot die insleutel van twee kodes van 20 karakters elk, in elke meter.

Hy verduidelik dat daar drie opsies is waaruit verskaffers kan kies om die proses te hanteer. Eerstens is daar ‘n sogenaamde DIY proses wat behels dat ‘n verbruiker die twee kodes ontvang wanneer krag aangekoop word en dan self die kodes in die meter insleutel, wat jy kry tesame met die krag koepon-kode vir die krag wat gekoop is.

Tweedens kan interne personeel van die verskaffer elke meter in sy gebied fisies besoek en die kodes insleutel.

Die derde opsie is dat ‘n kontrakteur aangestel word om die opgradering te behartig.

In Ngwathe se geval is verkope van krag en ‘n aantal ander funksies met ‘n ooreenkoms destyds aan die firma Cigicell oorgedra, maar het Cigicell intussen, benewens kragverkope namens die munisipaliteit, die meeste van die ander dienste gestaak weens wanbetaling van hul rekeninge.

Volgens rdl. Van der Merwe wil dit egter voorkom of Cigicell wel reeds vroeër met die opgraderingsproses begin het en dat meer as 60% van die meters in Ngwathe tans opgedateer mag wees. “Dit sal die afhandeling van die proses in Ngwathe heelwat vergemaklik indien my inligting in dié opsig korrek is” sê hy.

Die Suid Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging, SALGA, het hulp aangebied om die proses te hanteer by veral kleiner kleiner munisipaliteite. Dit behels onder andere die beskikbaarstel van gegradueerde persone in samewerking met die South African Council for Graduates.
Dit blyk dat die persone reeds vanaf 1 Junie 2023 vir een jaar beskikbaar gestel was.

“Ek is bekommerd oor die situasie omdat tyd beperk is, en chaos kan volg as alle meters nie teen 24 November 2024 opgegradeer is nie.
Vir die verbruiker sal dit beteken dat as die herkodering nie gedoen is nie, geen kragkoepon op die meter ingesleutel sal kan word nie.

 

Maar hoe weet jy of jy jou kragmeter geherkodeer moet word?

Wanneer jy ‘n elektrisiteitskoepon vir jou voorafbetaalde elektrisiteitsmeter koop, kyk op jou koeponstrokie of daar KRN1 of KRN2 aangedui word. KRN1 meters sal geherkodeer moet word, wat waarskynlik vir meeste gebruikers die geval sal wees.

Vir die verbruiker sal dit beteken dat as die herkodering nie gedoen is nie, geen kragkoepon op die meter ingesleutel sal kan word nie.

Wat behels die herkodering?

Dit behels bloot die insleutel van twee kodes van 20 karakters elk, in elke meter. Hoewel die noodsaaklikheid van die proses reeds lank bekend is, was 1 Oktober 2023 spesifiek vasgestel as datum waarop alle instansies wat nog nie die proses voltooi het nie dit as prioriteit moes begin hanteer, het Ngwathe se rdl. Van der Merwe van die VF Plus gesê.

Wat belangrik is, is dat elke munisipaliteit moet besluit hoe hy die proses gaan aanpak.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button