News

Name van drie bekend wat sterf toe bakkie in rivier beland

Nooddienswerkers het vir ure gesukkel om die bakkie uit die water te kry

Die oorledenes was Rakometsi Lazarus Thithi (28), Prince Mako (33) en Money Mofokeng (37) het sers. Josephine Rani gesê.

Polisielede, reddingswekers en Prinsloo Recovery het net voor 14:00  Sondag 5 November, daarin geslaag  om die Toyota Hilux bakkie uit die Wilgerrivier te haal.

Die drie insittendes was van Harrismith, en was onderweg terug na ‘n sokkerwedstryd. Hulle het van Frankfort in die rigting van Oranjeville gery toe die ongeluk gebeur het.

Die ongeluk was net na 01:00 Sondagoggend, en is polisieduikers van Bloemfontein en Welkom asook die polisie se K9 Soek- en reddingseenhede van Sasolburg en Welkom na die toneel ontbied waar vir ure gesukkel is om die voertuig uit die water te kry.

Die insittendes van die voertuig is op die toneel dood verklaar.

Die foto is geneem nadat Prinsloo Recovery die bakkie uit die water gehaal het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button