
Parys se historiese hangbrug oor die Vaalrivier is nou helder verlig saans. ‘n Pragtige gesig vir dié statige toerisme-juweel wat die afgelope weke ‘n splinternuwe baadjie gekry het.
Die beligting wat by die hangbrug aangebring is, is te danke aan ‘n inwoner, Mike Fourie, wie se vrou Stephanie, oorspronklik die inisiatief geneem het om hier by die hangbrug skoon en netjies te maak,te verf, vullisdromme aan te bring, te plavei en herstelwerk aan die brug se draadkante weerskante van die loopvlak te doen. Daar is ook nou ‘n pragtige raam waar mense wat die hangbrug besoek hul slotte kan hang om ‘n besoek hier ekstra spesiaal te maak.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



