News

Diefstal by die OTM’s: So vang kaartdiewe jou

As jy enigsins twyfel of onveilig voel, beweeg dadelik weg van die OTM

Loop maar katvoet as jy weer geld deponeer of onttrek by ‘n OTM. Daar word steeds gereeld voorvalle by die polisie gerapporteer van mense wie se kaarte by
outomatiese banktellers gesteel word, of geld op onregmatige manier uit hul rekeninge onttrek word. Dit is veral die OTM in die
Pick n Pay-sentrum waar tans die meeste gevalle gerapporteer word, hoewel ander OTM’s ook gereeld in kaartdiewe se visier is.

Die plaaslike GPF en Parys SAPD het die volgende wenke gegee tydens hul maandelikse vergadering wat inwoners kan help om veiliger te wees by die OTM:

1. Moet nooit jou pinnommer iewers neerskryf en in jou handsak of beursie saam met jou dra nie. Moet ook nie vir iemand anders jou pinnommer gee nie.

2. Bly weg van ‘n OTM saans of na-ure wanneer daar nie voldoende beligting of sekuriteit is nie.

3. Moet nooit maar nooit hulp vra van iemand by ‘n OTM nie – nie eens ‘n sekuriteitswag nie.

4. As dit wil lyk of die kaartgleuf geblokkeer is, en jy sukkel om jou kaart in die gleuf te kry, stap dadelik weg. Die kans is goed dat met die OTM gepeuter is en kort
voor lank staan iemand reg om jou kwansuis ‘te help’. Voor jy weet is jy egter in ‘n oogwink uit jou geld of kaart gehelp.

5. As die kaartgleuf van ‘n OTM verstop is, of daar ‘n ander probleem is by die masjien, moenie na ‘n nabygeleë OTM gaan nie. Gewoonlik probeer kaartdiewe jou juis op dié manier na ‘n ander OTM lei.

5. Wees altyd waaksaam en let op dit wat jy sou sien of hoor.

6. As jy enigsins twyfel of onveilig voel, beweeg dadelik weg van die OTM

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button