News

Spog toekenning oorhandig vir Mica Parys

Baie geluk aan Mica Parys

Mica Parys het kop en skouers uitgestaan by die Mica-groep se Mica Market waar dié tak beloon is met die toekenning vir die winkel wat die grootste groei getoon het in die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Swaziland en Lesotho. ‘n Uitsonderlike prestasie! Die Mica Market word jaarliks gehou met verteenwoordigers van al die Mica-takke wat dan byeenkom vir die jaarafsluiting.

Die Mica-groep is vanjaar 40 jaar oud, en is dié glans toekenningsgeleentheid van 16 tot 20 Oktober in Mauritius gehou.Volgens Laura wat die toekenning namens Mica Parys in ontvangs geneem het, is hulle baie trots op die personeel en dankbaar vir elke kliënt se ondersteuning, sonder wie hierdie groot eer wat die tak te beurt geval het, nie moontlik sou wees nie.

Laura en Wege Sieberhagen met die spogtoekenning wat aan Mica Parys oorhandig is.

Related Articles

Back to top button