News

Voetganger oorlede na tref-en-trap op N12

Die voetganger is eers deur 'n motoris getref voordat 'n ander motoris bo-oor die voetganger gery het sonder om te stop.

Die voetganger was ‘n man wat ongeveer 45 jaar oud was. Die voetganger is eers deur ‘n motoris getref voordat ‘n ander motoris bo-oor die voetganger gery het sonder om te stop.

Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, Kolonel Adele Myburgh, was ‘n motoris vanaf Klerksdorp na Potchefstroom onderweg toe hy die voetganger met sy Toyota Hilux bakkie getref het. Die voetganger het die pad begin oorsteek waarna die man uitgeswaai het en die voetganger met sy linkerkantspieëltjie getref het.

Die voetganger het in die pad beland en die man het dadelik afgetrek om die voetganger te help. ‘n Ander voertuig het toe teen ‘n hoë spoed oor die voetganger gery. Ooggetuies noem dat dit vermoedelik ‘n BMW was. Die tweede voertuig het onmiddellik weggejaag.

Enige ooggetuies of iemand met inligting moet asseblief vir Sersant Wesi Molotha van Potchefstroom Speurtak skakel by 082 856 1125 of dit aan die naaste polisiestasie rapporteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button