News

Voetganger oorlede na tref-en-trap op N12

Die voetganger is eers deur 'n motoris getref voordat 'n ander motoris bo-oor die voetganger gery het sonder om te stop.

Die voetganger was ‘n man wat ongeveer 45 jaar oud was. Die voetganger is eers deur ‘n motoris getref voordat ‘n ander motoris bo-oor die voetganger gery het sonder om te stop.

Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, Kolonel Adele Myburgh, was ‘n motoris vanaf Klerksdorp na Potchefstroom onderweg toe hy die voetganger met sy Toyota Hilux bakkie getref het. Die voetganger het die pad begin oorsteek waarna die man uitgeswaai het en die voetganger met sy linkerkantspieëltjie getref het.

Die voetganger het in die pad beland en die man het dadelik afgetrek om die voetganger te help. ‘n Ander voertuig het toe teen ‘n hoë spoed oor die voetganger gery. Ooggetuies noem dat dit vermoedelik ‘n BMW was. Die tweede voertuig het onmiddellik weggejaag.

Enige ooggetuies of iemand met inligting moet asseblief vir Sersant Wesi Molotha van Potchefstroom Speurtak skakel by 082 856 1125 of dit aan die naaste polisiestasie rapporteer.

Related Articles

Back to top button