NewsNews

Grypdiewe doenig in die dorp

Die polisie waarsku die publiek baie ernstig dat diefstal in die dorp gereeld voorkom met veral grypdiewe wat baie doenig is. Verlede week is ’n skootrekenaar uit ’n besigheid in Kruisstraat gevat, maar die skuldige is gearresteer.

Die polisie waarsku die publiek baie ernstig dat diefstal in die dorp gereeld voorkom met veral grypdiewe wat baie doenig is. Verlede week is ’n  skootrekenaar uit ’n besigheid in Kruisstraat gevat, maar die skuldige is gearresteer.
Daar is ook by Parys Supermarket naby die Palm Court hotel ingebreek en sigarette, kontant en twee selfone gevat. By die Tumahole Selfhelp Association for the Disabled is ’n  rekenaar gesteel.
Mense word veral gewaarsku om nie waardevolle items soos selfone, tablette, beursies en rekenaars sigbaar op toonbanke in besighede te laat lê of selfs in jou motor nie. Maak ook seker dat jy nie waardevolle items sigbaar aan jou dra nie. Grypdiewe se modus operandi is om jou aandag vir ’n  oomblik af te trek en dan blitsig te vat wat hul soek voordat jy dit kan agterkom.
Verlede week is daar helder oordag ’n Nissan 1400 bakkie by die oop parkeerruimte voor Checkers gesteel. Die bakkie is steeds soek. So ook die  Ford Bantam 1.3 bakkie van Isak Maarman wat in Schonkenville voor sy huis gesteel is twee weke gelede. Isak is werksaam by Geen & Velleman apteek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button