News

Parysenaars dans die medaljes los by SACOPA

Al hierdie dansers is in die SA-span ingesluit wat aan die Wêreldkampioenskappe vir die uitvoerende kunste sal deelneem.

Parysenaars wat lid is van die Aldanté Dansstudio het uitgestaan by die jaarlikse South African Championships of the Performing Arts (SACOPA) wat by die Rustenburg Civic Centre gehou is.

Die Cupids-dansgroep.

Carli de Jager, Nicola Kotze, Leandri Connoway en Anri Herbst was in die Cupids-dansgroep wat twee silwer en ‘n bronsmedalje ontvang het.

Mari Potgieter het met haar dansitems goud vir Jive en Bhangra onderskeidelik, en silwer vir Musical Character en Salsa onderskeidelik verower.

Leandri van Heerden verwerf 3 goue, 3 silwer en 4 bronsmedaljes vir haar dansitems.

Caylin Tolmay het geskitter met 6 goue, drie silwer en twee bronsmedaljes.

Denise Lubbe het skoonskip gemaak met nie minder nie as 12 goue, 8 silwer en 5 bronsmedaljes vir dans.

Amoré Britz het aan die model, drama en danskategorieë deelgeneem. Sy het 4 goue, 4 silwer asook 2 bronsmedaljes verwerf.

Alaina Vorster verwerf goud vir groep Bhangra, silwer vir Trio Bhangra, silwer vir groep Musical, silwer vir groep Lyrical, brons vir Musical Trio en brons vir Contemporary Trio.

Mieke Small behaal 2 goue, 3 silwer en vier bronsmedaljes.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button