News

Groen, groener, baardkoors vir Bokke

As die Bokke verloor is dit 'n blinkgeskeerde Alan, sê Parys se Fossiele

Die Bokkoors loop  hoog onder Suid-Afrikaners –  nie net in die Franse Parys nie. In die Vrystaatse Parys het gholfspelers bo 60 wat hulself die Fossiele noem,  se bokkoors alreeds vlam gevat in afwagting vir Saterdag se Wêreldbeker rugby eindstryd

So het Alan Fraser, ‘n bekende lid van die Fossiele, gewys waar sy ondersteuning lê met ‘n groen baard. ‘n Eenparige besluit is onder die Fossiele geneem dat sou die Bokke verloor, sal Alan voortaan blink geskeer wees, skerts hulle.

Jonk en oud in die Vrystaatse Parys staan bankvas agter die Bok-kant. Die foto is verlede week tydens die halfeindstryd geneem waar Beverly Douglas en klein Dougie se vreugde groot was oor die Bokke se wen. 

Related Articles

Back to top button