News

Pure plaasplesier op Parys gholfbane

Altesamme 96 dames gholfspelers van regoor die land neem deel aan die toernooi.

Van die Bobotie Babes tot die Piekfyn Cherries en die Fairway Varkies het Dinsdag aangetree op die gholfbaan vir die Parys Ladies Classic gholftoernooi wat vandeesweek op beide Parys se spog gholfbane beslis word. Vanjaar is die grootste toernooi nog die afgelope twaalf jaar met 96 spelers van Parys tot Patensie wat hul gholfvernuf kom wys.

So kleurvol soos die  spandrag was die spanname, toe daar Dinsdag op die Parys Golf & Country Estate-baan afgeslaan is vir die spankompetisie. Woensdag 25 Oktober word die individuele kompetisie op die  Vaal de Grace-gholfbaan beslis.

Die tema – ‘Boere Sjiek’ – was so reg in die kraal van Parys se lekker landelike plaasatmosfeer, vertel Elizabeth Fourie wat die toernooi in 2012 begin het, en sedertdien tweejaarliks aanbied.  Aan die begin was dit sy en Toets van der Westhuizen wat hul tuisdorp verteenwoordig het, uit ‘n totaal van 32 spelers wat toe ingeskryf het,vertel sy.

Vandeesweek het Parys met ‘n trotse 20 dames op die gholfbaan kon spog vir die toernooi wat vanjaar vir die sesde keer aangebied is, danksy die ondersteuning van haar gholfvriendinne, en die  gemeenskap van Parys wat die gholfdames met ope arms en egte plattelandse hartlikheid verwelkom, sê Elizabeth.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button