Grafskending: Seuns weer in Desember in die hof
Die drie seuns tussen die ouderdom van 12 en 14 jaar, wat aangekeer is vir die grootskaalse grafskending in die Vredefort-begraaplaas, het verlede week vir die eerste keer voor die landdroshof in Vredefort verskyn. Hulle moet weer op 14 Desember in die hof wees. Die saak is uitgestel vir die saamstel van maatskaplike verslae. Hulle …

Die drie seuns tussen die ouderdom van 12 en 14 jaar, wat aangekeer is vir die grootskaalse grafskending in die Vredefort-begraaplaas, het verlede week vir die eerste keer voor die landdroshof in Vredefort verskyn. Hulle moet weer op 14 Desember in die hof wees. Die saak is uitgestel vir die saamstel van maatskaplike verslae. Hulle is nie gevra om te pleit nie.
Die drie is vasgetrek na ‘n spanpoging tussen die polisie, die gemeenskap en boere van Vredefort nadat kameras in die begraafplaas opgesit, en die verdagtes so op heterdaad betrap is.
Meerderheid grafstene in die Vredefort-begraafplaas is sedert begin September in veral die nuwe deel van die begraafplaas, maar ook die ouer gedeelte van die begraafplaas omgegooi en gebreek.
‘n Daad wat nie net skade van duisende aangerig het nie, maar geweldige emosionele pyn vir families veroorsaak het wat n tweede keer gebroke voor n graf moes staan.


