News

Sewe van Parys skitter dié naweek

Elkeen van die kinders het jou stem nodig omdat die aantal stemme vir 'n deelnemer ook deur die beoordelaars in ag geneem word.

Nie minder nie as sewe kinders van Parys sal hierdie naweek skitter op die wêreldverhoog in die streekfinaal van vanjaar se World Monogue Games. In die Tigers kategorie (kinders tot en met ouderdom 12 jaar) neem Reuben de Jager (2 monoloë), Almoné Pretorius (monoloog), Carli de Jager (2 monoloë), Nicola Kotze (monoloog) en Liam Steynberg (monoloog) deel. In die Youth kategorie (kinders 12 tot 18 jaar) kan Isabella Steynberg en Vivienne van der Schyff se monoloë gehoor word.

Beide die Tigers (Event #9) en Youth kategorie (Event #10) word digitaal gestroom op YouTube, en kan gekyk word Saterdag, 21 Oktober om 12:00 Suid-Afrikaanse tyd. Na die uitsending sal die skakel gegee word waar jy vir hierdie kinders kan stem.

Om te stem is gratis en al wat jy moet doen is om ‘n e-pos te stuur na die betrokke skakel. Jy moet vir twee monoloë stem. Onthou ook dat jy nie voor hul optrede mag stem nie.

Jy kan intussen die skakel waar gestem kan word byderhand hou tot hul deename Saterdag.

Tigers South Africa – https://youtu.be/k66717cgRAM?si=IHUcdg4_noGkxJ7h

Youth Africa – https://youtu.be/6JS9bR3yJ80?si=NSXwxKb07GrKu79V

Elkeen van die kinders het jou stem nodig omdat die aantal stemme vir ‘n deelnemer ook deur die beoordelaars in ag geneem word. Jy het 48 uur tyd om te stem na die Premiere. Jong akteurs van regoor die wêreld neem aan die World Monologue Games deel. Vanjaar is daar 250 deelnemers in die ses kategorieë van die streekfinaal. Deelnemers kan enige stuk in enige taal voorberei.

Die Parys-leerders is studente van die Linda Theron Drama Ateljee.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button