News

Is waterkrisis SA se voorland?

Munisipaliteite skuld waterrade al meer as R16 miljard, en plaaslike regerings se onvermoë om volhoubaar water te voorsien word toegeskryf aan wanbestuur, verouderde infrastruktuur en wanbesteding.

Parys se voortslepende waternood is die afgelope week ook onder die Carte Blanche-span se aandag gebring. In ‘n skrywe wat deur Bobby Mitchley op sosiale media gedeel is, bevestig die Carte Blanche-span dat die onuithoudbare situasie waarin Parysenaars hulle bevind ook in verskeie ander munisipaliteite oor die land gesien word.

In kommentaar van lesers op die plasing skryf Belinda Erasmus die volgende: “Ek ry na verskillende dorpe elke dag, veral in Gauteng. Dit gaan maar net so sleg in verskeie dorpe. In Vanderbijlpark het ek vriende wat boorgatwater gebruik omdat hulle nie kan staatmaak op munisipale water nie.

Karin de Jager skryf vanuit Clocolan dat hulle al ses dae sonder water is. “Dan kom dit deur, dan woeps weg. Dit gaan op baie plekke so,” skryf sy.

Leon Milligan skryf dat hy baie in die suidkus is, en dat daar ook nie water is nie. “Elke keer R750 om ‘n tenk vol te maak,” skryf hy.
Dit laat die vraag ontstaan of beurtwater naas beurtkrag SA se volgende voorland gaan wees.

Munisipaliteite skuld waterrade al meer as R16 miljard, en plaaslike regerings se onvermoë om volhoubaar water te voorsien word toegeskryf aan wanbestuur, verouderde infrastruktuur en wanbesteding.

Vir jare word al gewaarsku dat water ‘n krisis vir die land gaan word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button