News

Rotary-klubs help om dorp se waternood te verlig

Goedheid sonder grense

Rotaryklubs van onder meer Vanderbijlpark, Potchefstoom Mooi, Bothaville, Orkney,Vanderbijlpark, Klerksdorp en Vereeniging het sedert verlede week na ‘n versoek van die plaaslike Rotaryklub, begin om water bymekaar te maak vir inwoners van Parys wat die afgelope weke onder ernstige waternood gebuk gaan.

Die waterkrisis affekteer veral ook bejaardes en mense wie nie die vermoë het om grootmaat water aan te koop vir huishoudelike gebruik nie.

Parys Rotary-president Sandra Uys het Rotary-klubs in omliggende dorpe gevra om saam te staan om te help om drinkwater bymekaar te maak wat versprei sal word na waar nood die grootste is. Saterdagoggend is 1 035 liter gebottelde water in Parys afgelaai, en word nog gebottelde water verwag soos wat Rotaryklubs besig is om planne te maak om op die langtermyn te probeer help. Maandagoggend is 400 liter gebottelde water van Klerksdorp ontvang asook ‘n 200 liter skenking van die Rotaryklub in Orkney.

 

Dr. Clifton Pick, Rotariër van Klerksdorp, saam met Parys Rotaryklub president Sandra Uys, met van die gebottelde water wat van die Klerksdorpse en Orkney Rotaryklubs ontvang is vir Parys se waternood.

Bothaville se Rotaryklub het reeds honderd en vyftig 5 liter bottels water geskenk, terwyl die Rotaryklub in Vanderbijlpark gehelp het om die Sonskyn Tehuis se watertenks vol te kry. Nog 2 400 liter gebottelde water word ook vandag, Donderdag 19 Oktober in die dorp verwag met die Benonin-klub wat onder meer 200 bottels water kom aflaai het.

Save Ngwathe en rdl. Selma Kok sal help met die verspreiding van die water, het Sandra gesê.

Danksy die hulp kon Vrystaat Versorging in Aksie vandeesweek ook gehelp word met gebottelde water vir mense in nood na wie hulle omsien. Die beplanning is dat die Rotary-saal as 24-uur afsetpunt ingerig sal word vanwaar water deurlopend versprei kan word, het Sandra gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button