Photo GalleriesSport

Dynamite Divas dié naweek in finaal

Die Dynamite Divas noem hulle hulself, en hierdie Vrydag, 15 Julie om 19:00, speel hulle in die finaal vir goud of silwer in Vanderbijlpark. Die dames wat aksie netbal speel, is in Liga 4 en speel gewoonlik by Home of the Vaal Vikings in Vanderbijlpark.

Die Dynamite Divas noem hulle hulself, en hierdie Vrydag, 15 Julie om 19:00, speel hulle in die finaal vir goud of silwer in Vanderbijlpark.
Die dames wat aksie netbal speel, is in Liga 4 en  speel gewoonlik by Home of the Vaal Vikings in Vanderbijlpark.
Hulle het reeds 15 wedstryde gespeel en verlede week weer gewys waartoe hulle instaat is met ’n  oorwinning oor Babyboon met ’n  telling van 30-21. Hiermee het die Dynamite Diavas hul plek in die finaal verseker. Baie sterkte aan hierdie span. Bring die goud huistoe!
Belangstellende spelers of mense wat navrae het is welkom om Cara Coertze te skakel by 084 516 3816.
Van link na regs agter:
Charisma Boonzaier. Yolandie Uys, Joanne Boonzaier, Carmen Oosthuizen, Sonja Wang
Voor van Links na Regs:
Cara Coertze, Erika Spiers, Brenda Wolmerans, Elzaan Bouwer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button