News

Dodelike siekte bedreig nou ook hase en konyne in die Vaal

Gevalle van haasvrektes in Midvaal en Vereeniging is reeds bevestig, en ongewone vrektes in Vanderbijlpark en Sasolburg word ook ondersoek

 

‘n Dodelike hemoragiese siekte onder hase en konyne wat in November verlede jaar vir die eerste keer in die Suid- en Oos-Kaap aangemeld is, het intussen ook na ander provinsies, insluitend die Vaaldriehoek, versprei.
Die siekte, wat in Engels as Rabbit Hemorrhagic Disease (RHD) bekendstaan, word deur die Calici-virus veroorsaak. RHD is in 1986 vir die eerste keer onder Europese hase in Italië aangeteken, vanwaar dit na die res van Europa en Afrika versprei het.

Volgens die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in Gauteng kom die siektes tans in ‘n groot geografiese gebied, insluitend die Vaaldriehoek voor. Die Staatsveearts het die vrektes van groot getalle hase en konyne in Midvaal en Vereeniging ondersoek en volgens die departement is daar bevestiging dat hulle aan RHD dood is. Gevalle van haasvrektes in Vanderbijlpark en Sasolburg word ook ondersoek maar is nog nie amptelik bevestig nie.
Die siekte veroorsaak bloeding in aangetaste konyne en hase se organe soos die lewer, niere en milt, en lei tot die skielike dood van sulke diere. Die virus is in die mis en urine van siek diere en word versprei deur aanraking, inname of inaseming. Die virus tas nie mense, voëls, ander diere of insekte aan nie, maar almal kan as draers dien wat die siekte versprei. Die virus is uiters weerstandig en kan selfs in ysige temperature en sonder ՚n draer oorleef.

Lees die volledige berig op Vaalweekblad se webtuiste

Dodelike siekte bedreig nou ook hase en konyne in die Vaal

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button