
As jy weer ‘n draai in Parys maak, maak seker jy draai by die dorp se bekende hangbrug oor die Vaalrivier want dié statige toerismejuweel sal jy nie ken nie.

Hier is reggemaak en mooi gemaak vir weke lank danksy ‘n inwoner van die dorp, Stephanie Fourie, en ‘n handjievol werkers met die steun van borge.


Om jou besoek ekstra spesiaal te maak, is dit nou netjies geplavei om die hangbrug met ‘n raam waar jy jou slot kan hang om dié besoek te onthou. Die eerste slotte hang reeds, maar onthou geen slotte mag aan die brug se kabels of die draad weerskante van die loopvlak van die brug gehang word nie.

Kom ons help om die werk wat hier gedoen is, netjies te hou vir die talle besoekers wat naweek vir naweek na dié Vrystaatse dorpie stroom.


