News

Jong mense op Bult se strate word geteiken

Die grootste konsentrasie van selfoondiefstal en rowe vind in Steve Bikostraat plaas met ander gevalle wat dan uitsprei na Meyerstraat en ander omliggende strate op die Bult.

Selfoondiefstal en rowe is twee toenemende vorme van misdaad op die Bult n Potchefstroom waar studente en jong mense veral op straat geteiken word.

Volgens Johan Naude, bestuurder van die Cachet Park CID, is daar statistiese bewyse van gerapporteerde voorvalle rakende hierdie tipes misdade vanjaar.

“Al is selfoondiestal en rooftogte nie die hoogste aantal insidente nie (ongelukke is die hoogste in 2023), kan daar gesien word dat daar oor die algemeen meer fone en elektroniese toestelle soos skootrekenaars gesteel word,” vertel Naude.

In September vanjaar is daar 76 insidente gerapporteer, 16 daarvan was roof op straat. In September 2022 was daar maar 24 insidente in geheel.

Naude glo dat daar verskeie redes hiervoor is. Eerstens is daar meer studente op die Bult as voorheen toe die Cachet Park CID gestig is.

Tweedens, het baie studente nie vervoer nie en moet baie keer te voet met hulle elektroniese besittings beweeg. Sodoende word hul makliker slagoffers van misdaad.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button