Nuwe hamergooisirkel vir Viljoenskroon
Hierdie kinders het ook reeds 'n 3-dag kliniek bygewoon om hulle vaardighede en tegnieke in die sport op te skerp met die oog op die nuwe atletiekseisoen.
Hoërskool Salomon Senekal het Donderdag, 28 September hul splinternuwe hamergooisirkel geopen. Atlete, ouers, afrigters, beheerliggaamslede en borge het hierdie spesiale geleentheid bygewoon.
Die lint is deur Tshepang Makhethe, huidige SA-Senior manshamergooikampioen, geknip waarna hy en Derek Groenewald en Marizelle Geyser, die skool se SA hamergooi-atlete, die openingsgooie gegooi het.
Hoërskool Salomon Senekal het aan die begin van September met hulle eie hamergooi akademie begin.
Die doelstelling is om die skool se hamergooi-atlete ‘n voorsprong te gee deur middel van vroeë identifisering van talent en hulle dan betyds te begin voorberei deur middel van spesialis- asook skoolgebaseerde afrigting.
Volgens die skoolhoof, mnr. Benton Nortman is daar tans 22 leerders wat deel vorm van die akademie en twee maal per week oefensessies bywoon.
Hierdie kinders het ook reeds ‘n 3-dag kliniek bygewoon om hulle vaardighede en tegnieke in die sport op te skerp met die oog op die nuwe atletiekseisoen.



