News

Parys-leerders praat hul pad oop tot by nasionale finaal

Baie geluk aan hierdie leerders

Vier graad 4-leerders van Parys Primêre skool, Carli de Jager, Layla van Riet, Dahlia Rust en Karlien Joubert, het vanjaar vir die eerste keer as ‘n span aan redenaarskompetisies deelgeneem en sommer op ‘n hoë noot weggespring. Hulle neem deel aan die nasionale finaal van Conspirito asook Kansvatter redenaars.

Die graad 4-groep word by Kansvatter aangewys as die nasionale derde plek wenners in die graad 4-5 afdeling.

Carli de Jager, Dahlia Rust, Layla van Riet en Karlien Joubert het vanjaar vir die eerste keer as ‘n span aan redenaarskompetisies deelgeneem.

Carli het ook aan beide Redenaars en Public Speaking deelgeneem by Kansvatter Redenaars, en Conspirito se nasionale finale. Sy was in die nasionale finaal vir Public Speaking by Interskole redenaars. By Legends of the arts SA Championship het sy in die graad 4-5 afdeling ‘n nasionale 2de plek gekry vir Redenaars, en ‘n 4de plek vir Public Speaking.

In Oktober neem sy weer deel aan beide Redenaars en Public Speaking by OppieTongAf se nasionale finaal.

Reuben de Jager, ‘n graad 2-leerder van Parys Primêre skool, het aan Kansvatter se nasionale finaal deelgeneem in die Redenaars en Public Speaking kategorieë, en is hy aangewys as die nasionale wenner in die Graad 1-3 Public Speaking afdeling.

Reuben de Jager.

Hy neem ook deel aan die Conspirito Nasionale finaal vir Redenaars, en aan Interskole se nasionale finaal vir Public speaking. By die Legends of the Arts SA Championship wen hy die Graad 1-3 afdeling vir Public Speaking, en kry ‘n nasionale 2de plek vir Redenaars.

In Oktober sou  hy aan OppieTongAf se Nasionale finaal vir Redenaars deelneem.

Related Articles

Back to top button