News

“Ons beste winkel het afgebrand”

Groot verlies vir Vredefort

Kort nadat beurtkrag vroeg vanoggend beeïndig is, het ‘n see van vlamme in die Vredefort Mini Market in die dorp se hoofstraat begin woed en die gebou in puin gelê. Ook Hennies Tavern reg agter Vredefort Mini Market, het brand- en waterskade .

Evelyn Abreu da Silva aan wie die gebou behoort, vertel dat sy net voor 05:00 vanoggend deur CSS Sekuriteit van die brand in kennis gestel is. Die eienaar van Vredefort Mini Market het die perseel by haar gehuur, terwyl, sy en RIcky die Taverne bedryf.

Dit was met die skryf van die berig nog nie bekend wat die brand in die Mini Market veroorsaak het nie.

Die Ngwathe Brandweer- en nooddiens asook boere en vrywlligers uit die gemeenskap en Tinus met sy private brandweer het kom help om die brand te blus, maar het dit na 10:00 vanoggend nog gesmeul in die gebou.

 

Skade in Hennies Tavern

Gert Grobler van Parys Sekuriteit wat van die eerste persone op die toneel was, het aan Gazette vertel dat hy by die Caltex-vulstasie in die dorp gewag het vir een van die sekuriteitsmaatskappy se kliënte om oop te sluit, toe iemand van die abattoir kom sê het die gebou brand. Hy het die brandweer ontbied.

‘n Munisipale werknemer, Johannes Msebenzi,  vertel dat hy wakker geskrik het van ‘n harde slag, en toe by die polisiestasie van die brand gehoor het. Hy het hom gehaas na die gebou om te help. Met sy kennis as opgeleide brandweerman het hy dadelik begin om van die vensters by die Mini Market te breek en gehelp om die vlamme te  blus om skade aan die taverne te beperk. .

Op die foto is Johannes Msebenzi, saam met Ricky voor die Vredefort Mini Market wat vanoggend in ‘n brand verwoes is. Johannes het uit sy pad gegaan om hulp te verleen op die brandtoneel. 

‘n Inwoner van Vredefort het vroeg vanoggend gesê dat die brand by Vredefort Mini-market ‘n groot verlies vir die dorp is. “Dit was ons beste winkel.”

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button