News

Maak seker jy mis nie dié myl nie

Straatmyl beloof groot aksie in Parys se hoofstraat

 

Maak seker jy mis nie Woensdag 11 Oktober se straatmyl aksie in Parys se hoofstraat nie.

Die myl  word weer deur Parys se Rotariërklub in samewerking met Parys Info & Tourism aangebied, en volg op die groot sukses van die eerste straatmyl vroeër vanjaar.

Die straatmyl is nie net baie gewild onder van die land se voorste atlete nie, maar ook vir besighede as ideale spanbou geleentheid, en vir die hele gesin – die kleinspan ingesluit.

Dit is ‘n ongelooflike feesatmosfees wat jy in Parys se hoofstraat sal kry vanaf 15:00 wanneer die eerste groep, die Rising Stars Boys and Girls, wegspring vir die halfmyl.

Photo: Christiaan Cloete

Die Elite Race vir dames en mans spring om 17:30 en 17:45 onderskeidelik weg.

Dit is die ideale geleentheid om die dorp se gasvryheid op sy beste te beleef wanneer mense deelnemers langs die pad sal aanmoedig.

Soos vroeër vanjaar is daar weer R50 000 in kontant in totaal op die spel, met die Elite Race wenners wat elkeen R10 000 huis toe neem

Boonop wag daar ‘n medalje vir elke deelnemer.

Onthou dat verkeer herlei sal word vir die duur van die straatmyl.

Kom kyk, kom ondersteun, kom neem deel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button