News

Top produksies met lof besing by Aardklop toekenningsaand

lzabé Zietsman en Tony Bentel het vir hul uitsonderlike musiekproduksie, “Femme is Fatale” ‘n welverdiende drie toekennings opgeraap

Elzabé Zietsman en Tony Bentel het vir hul uitsonderlike musiekproduksie, “Femme is Fatale” ‘n welverdiende drie toekennings opgeraap by die 2023 Momentum Beleggings Aardklop Toekenningaand op Vrydag, 6 Oktober wat by Roots plaasgevind het.

Zietsman het die toekennings vir “beste algehele aanbieding”, “beste musiekproduksie” sowel as “beste musiekuitvoering” verwerf vir Femme is Fatale wat die lig op geslagsgeweld plaas.

Ek is geheel en al sprakeloos en sukkel om uit te druk hoe baie hierdie vir my en Tony (Bentel) beteken. Om een toekenning te kry is reeds vir ons ’n eer. Hierdie soort erkenning vir ons werk is van onskatbare waarde.”

 In ’n ligter oomblik het sy in dankbaarheid vir haar toekennings haar eie nuwe hutsetiket met die gehoor gedeel: “Hashtag Ziets-is-back!”

Marthinus Basson was ook ‘n groot wenner op die aand as regisseur van die Reza de Wet stuk “Mirakel” wat gehore geboei het. Basson wen die toekenning vir beste regisseur. Christiaan Olwagen (Die Moeder) en Nico Scheepers (Braam en die engel) is finaliste in hierdie kategorie.

Eben Genis – Mirakel (beste byspeler) en Dawid Minnaar – Mirakel (beste akteur) word ook beloon vir puik toneelspel in hierdie stuk.

Sandra Prinsloo se briljante vertolking van ‘n ma in Die Moeder laat haar met die “Beste Aktrise”-toekenning wegstap.

Die Moeder wen ook as die “Aardklop Hartsvriende Beste Produksie”-kategorie.

Philip Rademeyer het breed geglimlag toe hy as skrywer en regisseur van “Goed wat wag om te gebeur” wegstap met die gesogte prys vir “Beste nuutgeskrewe Afrikaanse teks”.

“Aan elke kunstenaar, akteur, aktrise, regisseur, ontwerper, teksskrywer, musikant, vervaardiger, tegnikus, voorportaler en borg – júlle maak Aardklop moontlik, en dis júlle wat ons bestaansreg gee. Dankie vir die harde werk, maar veral die passie, dis waaruit ons by die kantoor inspirasie put en vasbyt,” sê Alexa Strachan: Uitvoerende hoof, Momentum Beleggings Aardklop

Vanjaar het Strachan twee nuwe en spesiale “Ekstra Myl Toekennings” aan Fränzo Friedrich, bemarkingshoof van Momentum Beleggings en Jean-Marc Stidworthy (Direkteur: Bemarking en Studentewerwing) van die NWU Potchefstroomkampus vir hul groot bydrae tot die fees oorhandig.

Edeling het namens die paneel gesê: “Almal betrokke by Aardklop 2023 het gedemonstreer dat wanneer ons ons krag terugneem, wonderlike produksie ervaar kan word.  Kunstenaars en gehore het dié fees baie nodig sodat ons nie net praat en wens nie, maar die skeppende en uitvoerende kunste kan beleef.”

Strachan is ook deur haar span bedank vir haar leiding voor en tydens die fees en ter afsluiting van die geleentheid het sy feesgangers uitgenooi om die res van die fees te geniet.

“Ons het gesê ons is op pad en hopelik het hierdie week dit weer aan almal bewys: Hier is ons, steeds!”

2023 Aardklop wenners:

 Beste Visuele Kuns Uitstalling

Wenner: Tafadzwa Tega – a seed will take it’s time to grow

Beste musiekuitvoering

Wenner: Elzabe Zietsman, Femme is fatale

Beste byspeler

Wenner: Eben Genis  – Mirakel

Aardklop Hartsvriende: Beste Produksie

Wenner: Die moeder

Beste akteur

Wenner: Dawid Minnaar in Mirakel

Beste aktrise

Wenner: Sandra Prinsloo in Die moeder

 Beste nuutgeskrewe Afrikaanse teks

Wenner: Goed wat wag om te gebeur

Beste musiekgedrewe produksie

Wenner: Femme is fatale

Beste aanbieding: Toneel

Wenner: Die moeder

 Beste Regisseur 

Wenner: Marthinus Basson

Beste Algehele Aanbieding

Wenner: Femme is fatale

 

Related Articles

Back to top button