News

Daar’s hy nou – die raam is op!

Hierdie is beslis 'n besoek die moeite werd as jy weer 'n draai in Parys maak.

Parys se bekende hangbrug oor die Vaalrivier is reg om besoekers met ope arms te verwelkom.

Die raam is op waar mense wat dié prag toerismejuweel besoek, hul slotte sal kan hang om ‘n besoek aan die brug ekstra spesiaal te maak en die oomblik op kamera vas te vang met die brug in die agtergrond.

Onthou – moet asseblief geen slotte aan die brug self hang nie, slegs aan die raam wat vir die doel nou opgesit is.

Weke se harde werk by die brug is uiteindelik nou voltooi  danksy die inisiatief van ‘n inwoner van Parys, Stephanie Fourie, en ‘n span vrywillige hande en mense wat met oop harte en hande die projek ondersteun het.

Die hele brug is oorgeverf, die gehawende draad weerskante van die loopvlak van die brug is vervang, die rivieroewer skoongemaak, en selfs die straatname op die sypaadjies in die omgewing van die hangbrug, is netjies oorgedoen.

Wat veral lof verdien is die groot werk wat gedoen is om skade te herstel wat aan die oewerwal  vroeër vanjaar aangerig is deur die Vaal se vloedwater.

Die totale projekkoste het R250 000 beloop wat uit eie sak betaal is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button