News

Rotary gesondheidsdag goed ondersteun

Die noodhulpdemonstrasies was deel van die Familie Gesondheidsdag wat deur die Rotariërklub van Parys in samewerking met die Nederduits Hervormde Kerk van Parys en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens aangebied is.

Verskeie Parysenaars waaronder ook Voortrekkers van Parys Voortrekkerkommando het Saterdag, 23 September by die ervare hande van personeel van ER24 en Community Emergency Response Team (CERT) basiese noodhulpvaardighede geleer.

Die noodhulpdemonstrasies was deel van die Familie Gesondheidsdag wat deur die Rotariërklub van Parys in samewerking met die Nederduits Hervormde Kerk van Parys en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens aangebied is.

Daar was ‘n heerlike mini-basaar met al wat basaarlekkerte is, wors op die kole en die lekkerste pannekoek, en boonop geleentheid om verskeie gratis gesondheidstoetse vir die hele familie te kon laat doen Dit het bloeddruk, cholesterol en suikertoetse ingesluit, tandheelkundige en oogondersoeke, asook bloedgroeperingstoetse.

Mense kon hul bydra vir die Bloeddiens gee by die mobiele skenkerskliniek, en meer leer van wat hiperbariese terapie behels en die waarde van oefening vir jou liggaam.

Selfs vir die kinders is voorsiening gemaak met pretaktiwiteite.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button