News

Gemeente vier 63 goeie jare

Die gemeente is op 27 September 1960 gestig nadat die NG Moedergemeente té groot geword het. Sedertdien word die stigting jaarliks in September herdenk.

Die NG gemeente Parys-Wes is vanjaar 63 jaar oud.

Die gemeente is op 27 September 1960 gestig nadat die NG Moedergemeente té groot geword het.
Sedertdien word die stigting jaarliks in September herdenk.

Die gemeente dra elke jaar by tot die Bybelgenootskap se inisiatief om fondse in te samel vir Bybelverspreiding, en het die verjaardagvieringe Saterdag, 16 September afgeskop met ‘n Bybelstap ten bate van die Bybelgenootskap.

Afgesien van gemeentelede en besoekers wat gestap het, het lede van die Parys Voortrekkerkomando ook kom saam stap.
Die Sondagoggend is daar nagmaal gevier en het vyf jongmense belydenis van geloof afgelê.

Van links is Juné Lister, Caylin Pretorius, Wian Viviers, Aleczander Grobbelaar, en Suré de Swardt wat hul belydenis van geloof afgelê het, saam met ds. Barry van Wyk.

Nadat daar na afloop van die diens tee en verversings saam met die kinders en hul familie in die saal geniet is, is die vure teen 11:30 aangesteek en het gemeentelede en besoekers saam middagete geniet om die verjaardagvieringe af te sluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button