News

Aanbiddingsleiers sterf skielik

‘n Leier in die tiener en-aanbiddingsbediening by Duet-gemeente, Christiaan Labuschagne (39) is op Vrydagaand, 29 September, tydens ‘n interskole jeugkamp vir verskeie hoërskoolleerders, oorlede

‘n Leier in die tiener en-aanbiddingsbediening by Duet Gemeente, Christiaan Labuschagne (39) is op Vrydagaand, 29 September, tydens ‘n interskole jeugkamp vir verskeie hoërskoolleerders, oorlede.

Labuschagne het tydens ‘n aanbiddingsgeleentheid op Mooiplaas inmekaargesak, ongeveer 40km buite Potchefstroom in die rigting van Parys. Kardiopulmonêre resussitasie (KPR) is op hom toegepas. Nooddienste het onverpoos vir sy lewe geveg, maar hy is op pad hospitaal toe oorlede.

Labuschagne se liefde vir die Here kon gesien word in sy bereidwilligheid om ‘n verskil in mense te lewens te maak. Hy het saam met sy vrou, Marinda, tydens Covid-19 hul eie besigheid “Beacon of Hope” begin waar hul talle opknappingsprojekte aangepak het. Hy was juis ontsettend handig en was lief daarvoor om te kan skep.

Vriende en familie is welkom om ‘n foto-herinnering van hom saam te bring.

https://potchefstroomherald.co.za/132409/aanbiddingsleier-en-raakvatter-skielik-oorlede/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button