News

Aardklop se feesterrein is vuurwarm

Die eerste dag van Aardklop het uiteindelik vandag (Dinsdag, 3 Oktober) aangebreek met feesgangers vanuit alle oorde wat op die feesterrein toesak.

Die eerste dag van Aardklop het uiteindelik vandag (Dinsdag, 3 Oktober) aangebreek met feesgangers vanuit alle oorde wat op die feesterrein by die NWU Joolplaas toesak.

In snikhete toestande was roomys sowel as enige iets met ys wat kele koel hou, ‘n groot treffer. Die heerlike verskeidenheid kossoorte het ook die monde teen middagete laat water.

Aardklop se feesterrein is oop vanaf 09:00 tot en met Saterdag, 7 Oktober.

Dit is beslis ‘n ervaring wat nie misgeloop kan word nie.

Feesgangers betaal R 50 per persoon en R 150 vir ‘n weekkaartjie.

Related Articles

Back to top button