News

100ste Mylpaal vir plaaslike parkrun

Daar was veral baie besoekende parkrunners wat die mylpaal kom vier het.

Die Egweni River Lodge parkrun het Saterdag ‘n groot mylpaal bereik met die viering van sy 100ste parkrun wat hier by Egweni River Lodge aangebied is.

Stappers en drawwers en heelwat viervoet vriende aan leibande het vroegoggend hier langs die Vaalrivier bymekaar gekom om soos elke Saterdagoggend die pragtige 5km roete al langs die rivieroewer te voltooi. Onder hulle was ook heelwat parkrun toeriste van sover as Welkom, Stutterheim, Windhoek, Alberton en Vanderbijlpark. Dit is veral mylpale soos wat Saterdag gevier is, wat baie gewild is onder parkrun toeriste om ook geleentheid te hê om die parkrun-roetes in ander dorpe regoor die land te sien.

Elke parkrunner is verras met ‘n spesiale yskasmagneet en kolwyntjiekoekie.

Wat Saterdag se parkrun nog meer besonders gemaak het, was die groot aantal vrywilligers – die meeste nog – wat Saterdag kom hand bysit het. Vrywilligers se hulp is die wenresep van enige parkrun want daarsonder kan die weeklikse parkrun nie aangebied word nie. As jy dus nie kans sien om self deel te neem nie – hoekom nie jou hulp aanbied om seker te maak die parkrun kan elke week ook in jou dorp gehou word. Skakel vir Belinda by 083 460 8225 vir meer inligting oor hoe jy kan deelneem aan parkrun of ‘n vrywilliger kan wees.

Besoekers van Bryanston wat die parkrun voltooi het. 

Related Articles

Back to top button