News

Motorfietsryers se harte oop vir sentrum se nood

Benewens die motorfietsryers se skenking aan die Epilepsiesentrum, is daar  gery na Potchefstroom waar 'n voedselskenking aan Huis Hebron, oorhandig is.

Die opwinding was tasbaar in die lug toe ‘n streep Harley-motorfietse vroeg die Saterdagoggend deur die hek by die Epilepsie SA Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys gery het.

Skaam glimlaggies op die inwoners se gesigte het vertel hoe groot dié oomblik was. Iets wat hulle nog nie tevore beleef het nie.

Daar was trane van dankbaarheid toe die groep van 70 mense van die Pretoria Harley Riders Club saam met lede van Parys Info & Tourism hul harte oopgemaak het vir die nood van die sentrum en sy inwoners.

Die Pretoria Harley Riders Club lede het R10 000 in kontant aan die sentrum geskenk, asook ‘n 120kg vleisskenking en groente wat die oggend oorhandig is. Daarbenewens is ‘n vrieskas ook geskenk en het Parys Info & Tourism ook ‘n tweede vrieskas vir die sentrum gegee.

Uitkoms vir die geweldige nood met die sentrum se instap vrieskas wat buite werking is en duisende sal kos om te herstel.

Vir elke motorfietsryer was daar ‘n prentjie wat deur die inwoners spesiaal vir die besoekers ingekleur is.

Volgende jaar kom hulle weer, is belowe, want vir dié motorfietsryers van wie sommige sover as die Kaap, Nelspruit en Durban gekom het, is dit belangrik om terug te gee in ‘n gemeenskap.

Die motorfietsryers het met hul besoek aan Parys op 23 September die Roaring Rivier Rally by Stonehenge in Parys bygwoon,
maar dit was danksy die bemiddeling van Marius Pieters en Parys Info & Tourism, dat hierdie skenking moontlik gemaak is. Spesiale dank ook aan Louis van Ditjies & Datjies.

Benewens die motorfietsryers se skenking aan die Epilepsiesentrum, is daar  gery na Potchefstroom waar ‘n
voedselskenking aan Huis Hebron, oorhandig is.

Related Articles

Back to top button