NewsNews

Vat tweedehandse handelaars vas wat nie die wet gehoorsaam nie

Daar is onlangs helder oordag om 10:00 by my huis in Noorderstraat ingebreek en 'n klomp goed gesteel. Gelukkig het speurder Jaco Venter toevallig hier verby gery en onraad gemerk toe die booswigte met die swart sakke vol goed uit my erf oor die draad klim en onmiddelik daarvan werk gemaak. Met behulp van ander persone in die omgewing, is hulle aangekeer maar hulle het ontvlug die bosse in langs die vuil watersloot wat hier deur ons omgewing loop.

Daar is onlangs helder oordag om 10:00 by my huis in Noorderstraat ingebreek en ‘n klomp goed gesteel. Gelukkig het speurder Jaco Venter toevallig hier verby gery en onraad gemerk toe die booswigte met die swart sakke vol goed uit my erf oor die draad klim en onmiddelik daarvan werk gemaak. Met behulp van ander persone in die omgewing, is hulle aangekeer maar hulle het ontvlug die bosse in langs die vuil watersloot wat hier deur ons omgewing loop.

Goeie nuus egter, deur knap speurwerk van speurders Jaco Venter en Chani Nquai sit die drie inbrekers drie dae later agter die tralies en is van die gesteelde goed, onder andere ‘n handwapen, teruggevind. Hiermee wil ek my dank uitspreek teenoor die SAPS, en in besonder teenoor die bogenoemde twee beamptes, vir hulle professionele optrede en spoed waarmee die rowers aangekeer is.

Wat egter groot kommer wek is sommige van die handelaars wat tweedehandse goedere aankoop in Parys, wat nie die wet op aankope daarvan gehoorsaam en uitvoer nie. ‘n Skildery van ons is die oggend na die inbraak deur ‘n sekere handelaar gekoop van die inbrekers sonder dat enige identifikasie verkry is van die verkoper nie.  Onmiddelik daarna is dit aan ‘n glasplek gegee om die doek met ‘n spieel in die raam te vervang, in plas van om dit die wetsvoorgeskrewe sewe dae te hou. Ongelukkig vir hom is die glasplek toe dieselfde as die wat my gebreekte venster by die huis kom herstel en staan my skildery toe nog voor in hulle bakkie.

Hierdie soort handelaars maak dit baie gerieflik vir inbrekers om van gesteelde goedere ontslae te raak en hulle moedig misdaad met hulle optrede aan.

Ek wil dus ‘n beroep doen op handelaars wat dalk

(1) ‘n Fujifilm Finepix AX660 kamera of

(2) ‘n Maple knipmes in sy leerskede of

(3) ‘n waardevolle versameling ou munte (halfkrone, krone, sjielings, pennies en andere

 

by iemand van die straat af aangekoop het, hetsy wettig of onwettig, om dit liewer aan die bogenoemde twee speurders te verklaar alvorens daar met die uitwysing van kopers deur die booswigte begin word. Dit kan u baie ongerief en verleentheid bespaar. U kan my ook skakel by 056 817 2945 of 084 740 5317. Ek sal baie graag my goed wil terugkry.

Groete.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button